R250.00
Deur Sandra Stark
‘n Omvattende gidsboek wat disleksie en die pad vorentoe vir ouers verduidelik sodra hulle uitvind hulle kind is met disleksie gedianoseer.
Disleksie word wetlik as ‘n gestremdheid geklassifiseer in die Skandinawiese lande, Italië,
Brittanje, asook in die meeste state van die VSA. Disleksie kom wêreldwyd voor ongeag ligging, kultuur, sosio-ekonomiese stand, taal, geslag en ouderdom.Daar is al na die definisie van kranksinnigheid verwys as die herhaaldelike uitvoering van ‘n taak maar met die verwagting dat elke uitvoering ‘n ander uitkoms sal lewer. Hierdie ervaring word gedeel deur baie ouers en opvoeders in ‘n poging om hul kinders of leerders wat met disleksie gediagnoseer is,te help.
Die konseptualisering, organisering en formulering van hierdie boek strek oor die afgelope agt jaar en is uitsluitlik gemotiveer deur die jongmense en hul families wat steeds dapper poog om disleksie te oorkom.
Ek dra hierdie boek op aan elkeen van hulle.
Automated page speed optimizations for fast site performance